Inleiding

Kennismaking

 

Baie welkom by ons Belydenisklas.

Omdat ons nie elke Sondag as klas bymekaar kan kom nie, het ek dit goedgedink om die jaarprogram en huiswerk/inligting van elke les op die internet vir julle beskikbaar te stel. 

Daar is 34 lesse.  Dit is baie werk en jy sal dalk selfs in vakansietyd lesse moet doen.  Elke les het  dagstukkies.  Ek beveel dit sterk aan dat jy elke dag se stukkie doen en op datum bly. 

Ons begin by Les 3 op 24 Januarie en lê Belydenis van Geloof af op 7 November 2021. 

Skakel asseblief vooraf om te reël om jou handboek by my af te haal.

Jy gaan dus die werk wat jy in jou handboek moet doen op datum hou (handboeke word van tyd tot tyd ingeneem) en jy gaan ‘n video/huiswerk op die internet hê.

Onthou om die vormpie hier aan die regterkant in te vul voor jy met Les 3 begin.

Na jy jou vormpie ingevul het, is jou beginpunt hier: https://www.ngroedtan.co.za/belydenisklas

Groete,

Ds. Willem Pelser

083 276 5141    |    dswillem@ngroedtan.co.za

Vul asb hierdie vormpie in.

    Selfoonnommer

    Het jy die video gekyk?